Header

Jaargang 16 - Uitgawe 15/2019 - Woensdag 15 Mei 2019

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Aftree-woonstelle in Windhoek

• Bybel-Media nuus

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Voorbidding

• Giggel

Nuusbrokkies

Ds Thijs van der Merwe is die nuwe Algemene Sekretaris

Ds Thijs van der Merwe het die benoeming as Algemene Sekretaris van die NGKN aanvaar en sal DV op 1 Julie in die kantoor begin.

Thijs is sedert 1987 predikant van Windhoek-gemeente. Hy sal kerkregtelik aanbly as dominee van die gemeente, maar vanaf Julie dan net met opdrag sinodale werk.

Met die ervaring van 'n jare-lange voorsitterskap van die Sinodale Diensgroep vir Administrasie agter die blad, is Thijs uitmuntend geposisioneer om die pos van Algemene Sekretaris te vul. Hy ken die ratwerk van die kerk goed, aangesien hy ook tans die Aktuarius van die sinode is.

Feldmuis verwelkom graag solank vir Thijs in die kantoor. Hy is ook vir jare al 'n medewerker van die nuusbrief deur sy voorsiening van die voorbidding-rubriek.

---

Bring Heaven Home, hoor pa's

Ds Erik van Zyl vertel van 'n geseënde Paaskamp wat Kunene vir Christus onlangs buite Opuwo gehou het.

Dit is Goeie Vrydag! Die Voorhangsel in die tempel skeur! Die gekruisigde Christus maak die weg na God se Vaderhart oop deur Sy bloed! Deur geloof in Christus breek die hemel deur in ons harte en lewens! Ds Cassie Carstens van “The World needs a Father” begelei ons op ’n onvergeetlike Paaskamp met sewe sessies van opleiding en boodskappe. Die tema: “Bring heaven home” is God se opdrag aan elke pa.

Ongeveer 250-300 gelowiges en kinders van Opuwo, Outjo, Queen Sofia, Okangwati, Orumana, Ongondjanambari, Okakarara, Otjiwarongo, Swartbooisdrift, Windhoek.... trek saam op Seka se plaas, Okatumba, 35 km buite Opuwo vir 2019 se Paaskamp.

Na al die beplanning, voorbereiding en tente opslaan, sorg Uazamembo Mutambo, die kampkommandant en ook tolk, dat alles vlot verloop. Clem en Kakarandua, die hoofkokke, sorg vir die heerlikste kos!

Van die jong dogters tot die mans en pa’s luister aandagtig: Pa’s moet Jesus se kruisliefde sigbaar maak in die huis. “BRING HEAVEN HOME!” Vaders moet hul kinders se identiteit in Christus vestig, emosionele sekuriteit gee deur hul liefde, hul liefde aan hul kinders bevestig en met God se gesag hul kinders dissiplineer!

Ds Jason Ngambue en sy vrou Miriam se 16 aanneemkinders asof hul eie, het Cassie se boodskap bevestig! Ds Cassie aan Miriam: ‘Jy moet ’n ENGEL wees!’ Uazamembo en

Van jonk tot oud besef dat die krisis van vaderskap in ons samelewing biddend, maar daadwerklik aangespreek moet word. Jong meisies moet mans trou wat godvresende vaders kan wees en jong mans moet terugkeer na die Woord om hul goddelike roeping as mans en pa’s ernstig op te neem.

(Nota: Dit was nie die Clem in die sinodale kantoor wat een van die hoof-kokke was nie!)

---

Vertel julle storie met 'n 90 sekonde video!

Die Algemene Sinode wil graag by die sitting in Oktober kort video's wys oor waar die NG Kerk se gemeentes aan die werk is en 'n verskil maak.

Wil jy nie so 'n kort storie met selfs jou selfoon skiet oor hoe en waar julle gemeente 'n verskil maak, of waar julle die Here se seën beleef nie.

Stuur dit vir my aan clem@ngkn.com.na. 'n Goeie manier om dit te doen is via www.wetransfer.com – kies die gratis opsie. Dis baie maklik om baie groot dokumente of video's op hierdie manier gratis te stuur.

Hier is riglyne vir die maak van só 'n video met jou selfoon.

Met erkenning aan Oos-Kaap se Grens.Pos

---

Bible Society of Namibia: Annual General Meeting

NOTICE

Annual General Meeting

20 May 2019 - 18:00

ELCRN Windhoek City Centre Congregation

6 Church Street, Ausspannplatz (Opposite DHPS)

 

• All Churches and Congregations in Namibia

• All Church Related Organizations

• All Individual Supporters

You are cordially invited to attend the Annual General Meeting of the Bible Society of Namibia on 20 May 2019, 18:00 at ELCRN Windhoek City Centre Congregation, 6 Church Street, Auspannplatz (Opposite DHPS).

Thank you for your support!

Contact Bible Society of Namibia at gensec@nambible.org.na

OUR MISSION

As a member of the United Bible Societies, the Bible Society of Namibia, through our service to churches, church-related and other organizations, aim to achieve the widest possible, effective and meaningful distribution of the Holy Scriptures, and to help people interact with the Word of God in order to meet their needs.

This includes:

• Undertaking and supporting Bible translation;

• Publishing the Bible in languages and media that all people can access;

• Providing Bibles at prices people can afford an

• Working with others in holistic programs to bring the Word of Life and Hope to people in need.

---

Aftree-woonstelle in Windhoek

Lewensreg te koop in Schanzen-Oord

Schanzen-Oord in Windhoek het tans twee woonstelle waarop lewensreg te koop is.

Woonstel op 4de vloer

3 slaapkamers, 2 badkamers, dubbel toesluit-motorhuis. Rigprys N$1,350,000. Tenders sluit op 11 Junie om 09:00.

Woonstel op grondvlak

1 slaapkamer

N$780,000 of naaste aanbod.

Kontak Frans du Toit by 081 261 7405

---
Skakel na Kerkbode se webblad

In die jongste gedrukte Kerkbode vertel ons stories van drama, trauma en hoop. 

Alle oë op Moreletapark
Die vooruitsig van die NG Kerk wat eensklaps meer as 14 000 belydende lidmate “verloor” het ’n landwye beroering veroorsaak en selfs ’n bynaam op die lyf geloop: #morelexit. - Ons praat met rolspelers op bl 4.

‘Dan is jy 'n lammetjie’ sê BM-man wat roof oorleef
Ds Strydom Bruwer het nie die transitorower se wapen gesien tot die oomblik wat die man dit op hom gerig het nie. - Op bl 6 praat Bybel-Media se ontwikkelingsbestuurder: Fondse oor trauma en nuwe waardering vir elke oomblik.

Hillbrow: Knegte in die middestad
Op bl 20 berig ons vanuit een van die enjinkamers van landswye Winterhoopveldtog wat 1-30 Junie sal plaasvind en jaarliks lewens red te midde van die ongenaakbare winterkou.

Bly op hoogte van kerknuus by www.kerkbode.co.za 

---

In ons Junie-uitgawe vier ons Pinkster, en vra: 

“Wie is Hy, hierdie Heilige Gees?” Ons verwonder ons oor die genade van sondebelydenis. En skryf ‘n spesiale brief aan jong pa’s. Ons gee ook blink idees om jou pa met Vadersdag te bederf (selfs al het jy min tyd!).

LiG gesels met Albert en Viljé Maritz oor die seën van pa-en-seun-wees. Ons nooi drie skrywers vir tee – Maretha Maartens, Lizette Murray en Elsa Winckler deel hul wysheid. ‘n Skrywer wie se hekelwoorde help heelmaak deel ook haar storie.

Ons voorbladnooi Leah inspireer ons met haar deursettingsvermoë en hardwerkendheid.

Vir sommiges is dit hul geloofspad op hul lyf – ons gesels met mense wat tatoeëermerke laat aanbring.

Kry ‘n heerlike resep vir wintersop. En ‘n maklike patroon om ‘n nuwe blaadjie vir ‘n ou baadjie aan te trek.

LiG – propvol goeie raad en praktiese wenke.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

---

Jongste Bybelkor-publikasie

EK IS BY JULLE

OM DIE HEILIGE GEES TE LEER KEN EN LIEF TE HÊ

PRYS: R100.00

’n Pinksterreeks vir kinders om hulle te leer wie die Heilige Gees is.

Ek is by julle bevat 7 volledig uitgewerkte aanbiedings, wat maklik vir afsonderlike kontekste aangepas kan word. Elke aanbieding sluit in:

• ’n teksgedeelte en agtergrond oor die gedeelte

• ’n opsomming van die boodskap

• ’n speletjie of ysbreker

• ’n poppekas-storie

• ’n kort boodskap

• ’n aktiwiteit.

Vier Pinkster saam met ons kinders en help hulle om die Heilige Gees en sy werk in hulle lewe raak te sien.

PLUSPUNTE

• ’n Boek vir voorskoolse kinders en kinders in graad 1-3, spesiaal gemik op Pinkstertyd.

• Dit kan in Pinkstertyd vir kinderkerk, kategese of huiskerk gebruik word.

• Daar is 7 volledig uitgewerkte aanbiedings.

• Die speletjies, poppekas en aktiwiteite lê die boodskap van elke aanbieding by die kinders vas.

SKRYWERS 

Etienne Snyman en Annelet Slazus

KOOP NOU

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel, óf tik die produknaam in.

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Kom hoor uit die perd se bek watter dienste alles by Erongo Social Services en Huis Maerua gelewer word. Clem Marais gesels met Jani Brits, Theresa Olivier, Erna von Dewitz en Johné Marais Onder die KameelboomKuier gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Familie-nuus

Hulle verjaar tot volgende week...

• Andre Olivier (Aranos): Woensdag 22/05 Mei; 081 170 0173; arolivier@iway.na

---

In die geledere van die dominees-volk...

• Hartseer nuus is dat Grietjie Combrinck (Johann van Warmbad se vrou) Dinsdagaand in die Panorama Hospitaal in die Kaap oorlede. Sy is Saterdag daarheen oorgeplaas nadat Johan-hulle haar die laaste klompie weke by sy dogter se huis versorg het.

• Hanno Visser (Leonard) se paHans, is gediagnoseer met Fase 4 rektum kanker. Dit beteken dat die kanker reeds versprei het. Hans was voorheen die dominee van Omaruru en woon tans in Johannesburg.

• Willie Coetzee (emeritus Pionierspark) se chemoterapie vir die blaaskanker, is noodgedwonge onderbreek omdat sy witbloedtelling al vir die tweede week te laag is daarvoor. Hy sien DV Donderdag die onkoloog in Windhoek om te praat oor die pad vorentoe.

• Manus Olivier (Swakopmund) se kanker het weer begin groei in die sinus, maar op 'n ander plek as laas. Hy is tans in die Kaap vir beplanning van die bestraling-reeks. 'n Spesiale masker moet daarvoor gemaak word. Hy begin DV op 5 Junie met die eerste van 20 sessies bestraling.

• Hendrik van Zyl (DEGNOS) - het onlangs 'n 'diffusion weighted MRIscan' in Windhoek ondergaan. Die uitslag dui daarop dat hy skoon is van verdere verspreiding van kanker. Die medikasie wat hy tot nou toe gebruik het, is egter nie meer beskikbaar nie. Die dokter voel dat hy vir nog ses maande Keytruda moet gebruik en hy begin DV die 24e Mei daarmee. Bid asb saam dat die newe-effekte nie ekstreem sal wees nie.

• Lukas Coetzer (emeritus Outjo) gaan steeds voort met chemo-behandeling. 

---

Twee oud-leraars groet

Ds PC van Rooyen (regs), voormalige Moderator van die ou Suidwes-sinode en predikant van Windhoek-Eros en Pionierspark, is onlangs oorlede. Sy seun, Piet, het 'n treffende gedig oor sy pa geskryf wat elders in die nuusbrief opgeneem is. 

Ds Sarel Visser (links) was 'n voormalige kapelaan in die SWA-gebiedsmag en ook dominee van Mariental. Hy is in Pretoria oorlede. 

Beide Oom PC en Sarel het familie wat in Namibië woon en Feldmuis onthou graag die twee kollegas met waardering en deernis.

---

‘n Man het Gesterf

• Piet van Rooyen, by die afsterwe van sy pa, ds PC van Rooyen 

‘n Man het gesterf - by die negentig verby

‘n vriend, ‘n pa, ‘n leraar, ‘n ruiter.

Hy was nie vandag se kind nie,

maar die ewigheid s’n.

Vyf kinders se vader

‘n enigste Vader se kind.

 

Kyk vir laas na die grys kop,

Die lyne oud om die oë,

hande wat laas nog erg gebewe het,

baie jare se son op die vel.

 

Ja, hy’t baie dinge beleef,

baie mense baie dinge geleer,

‘n magdom boeke gelees,

maar net een Boek werd om te onthou:

die Boek wat die pad beduie

 

Dis die pad wat al voorheen deur baie geloop is,

die pad wat nou vir hom ook tot einde gekom het,

daar waar alle paaie oor die einders verdwyn -

doodseker.

Voorbidding

Ons bid vir Ethiopië

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlak 1,106,000 km2. Vrugbare plato omring met droogte geteisterde laaglande en woestyne van die Rooi See. Grens aan Eritrea, Somalië, Kenia en die twee Soedans.

Bevolking: (2010) 84,057,606; 105,350,020 (2017 skatting)

Politiek: Een van oudste bekende nasies met ‘n baie ou geskrewe geskiedenis. Amhara-gedomineerde Ryk 1896-1974, onder Italiaanse okkupasie 1936-41.

Die marxistiese rewolusie van 1974 werp Haile Selassie omver en onder Mengistu Heile-Miriam word die land onderwerp aan ‘n kollektiewe ekonomie, nasionalisering en selfs wrede onderdrukking.

Streke kom in opstand en tesame met verwoestende droogtes en mens gemaakte hongersnood lei tot die omverwerping van Mengistu en die marxistiese regering in 1991.

Die Tigrey-oorheersde regering beëindig die Amhara dominansie en federaliseer die land met dewolusie van mag aan die 10 streke wat hoofsaaklik etnies bepaald is.

Al is daar groter demokratiese Vryheid is daar steeds beperkinge.

Die oorlog van 1998 – 2000 met Eritrea het die land verenig t.s.v. die hoë koste in lewens en finansieel.

Die derde agtereenvolgende verkiesing sukses in 2005 van die Premier Meles was sterk teengestaan en as bedrog afgemaak wat spanning laat oplaai en regerings geweld teen protesaksie leiers ontlok.

In Augustus 2012 sterf Premier MELES Zenawi en sy Adjunk premier volg hom op.

Somalië se burgeroorlog veroorsaak dat Ethiopië gewikkel raak in konflikte met Islamitiese magte.

Ekonomie Die hoof uitvoerproduk is koffie — wat algemeen aanvaar word as oorsprong daarvan.

Die regering het uitgebreide hervormings ingestel en die kommunikasienetwerk sterk uitgebrei.

Die inisiatiewe volg op dekades van onderontwikkeling, verwoestende droogtes hongersnood en oorlog wat alles bygedra het tot ‘n agteruitgang in die ekonomie.

Vir meer as ‘n dekade voor 2016, was die groeikoers tussen 8 en 11% jaarliks. Dit is veral op die  rug van staatsfondse projekte in infrastruktuur en die volgehoue groei in landbou en dienste sektore.

Die laagste vlak van verskil in inkomste in Afrika en van die laagste ter wêreld.

T.s.v. uitwissing van diep armoede bly dit een van die armste lande ter wêreld.

Veral die veranderinge in reënvalpatrone geassosieer met veranderinge in die weerpatrone wêreldwyd gee aanleiding tot nog ‘n meer verwoestende droogte as tevore in 2015-6.

Buitelandse valuta verdieners is die dienste sektore – veral die Lugdiens – gevolg deur kommoditeite

Koffie bly tog steeds die grootste verdiener van valuta – daar is ook gediversifiseer na ander landbou produkte wat stadig maar seker meer belangrik raak.

Geloof: Noord Ethiopië was een van die eerste Christen nasies — sedert die 4de eeu.

Die Ethiopiese Ortodokse Kerk was van 1270 – 1974 die staatskerk.

Die marxistiese regering verbied alle godsdiens en vervolg Christene, veral die Evangeliese kerke.

Sedert 1991 is daar ongekende godsdiensvryheid. Christene 60.68% Muslim 34% Tradisionele etniese gelowe 3.7% nie-Godsdienstig/ander 1,5%.

Loof die Here vir:

Groei in Protestantse kerke sedert 1936. Twee groot golwe van geweldadige vervolging onder die Italianers 1936-41 en Kommuniste in 1974-1990 het die kerk gesuiwer en versterk Daar was talle martelare. Visie, opofferende evangelisasie en dapper getuienis kenmerk hulle.

Die groot oes na die ineenstorting van die Marxistiese regering: minder as 200,000 — 0.8% van die bevolking — in 1960, groei tot 12 million teen 2000 of te wel 19.7% van die bevolking!

Eenheid is onder die vervolging tussen gelowiges gesmee wat help om verenigd te werk ter bereiking van die bevolking met die evangelie en planmatigheid.

Bybelsverspreiding het geweldig toegeneem en so ook die bestudering van die Bybel.

Tree in vir:

Die politieke leiers wat op vele fronte krisisse moet hanteer en bestuur:

a) Vyandelikhede met Eritrea wat die modernisering van die land in die wiele gery het

b) Etniese fragmentasie wat ‘n bedreiging bly. Die sentrale regering is oorheers deur die Tigrey en ander etniese groepe — Amhara, Oromo, Somali en die Afar — is ontevrede hiermee.

Bid vir wysheid, nederigheid, moed en ‘n soeke na God onder die leierskap sodat blywende vrede en versoening bewerkstellig kan word wat die atmosfeer sal skep vir verdere evangelisasie.

Die Ethiopiese Ortodokse kerk is blootgestel aan ingrypende verandering; eeue lange isolasie van die res van die Christelike kerk het dit ‘n eiland omring deur Islam gemaak. Dit het hulle enersyds baie sterk en selfversorgend gemaak en andersyds ‘n geweldige impak gehad op die kultuur, teologie en die tradisies. Hulle word al meer aan ander stemme blootgestel.

a) Die verlies aan status onder die Kommunisme het diep getref, en al is dit deels herstel na 1990 het dit die kerk se eie-verstaan verander. Sinkretisme en die okkulte is verbreid onder miljoene nominele gelowiges.

b) Die groei in gebruik van die Bybel en van Protestantse denominasies het miljoene weggelok, maar ook aanleding gegee aan die ontwikkeling van sterk evangeliese en charismatiese netwerke in die Ortodokse kerk.

Bid dat die Heilige Gees die antieke kerk sal terugbring na haar sterk Skrifgebondenheid en nuwe lewe.

Massiewe groei in Protestantse en Onafhanklike kerke hou belofte in vir ‘n verdere oes: Bid vir

a)    Herlewing en groei om stand te hou

b)    Effektiewe maniere om fondse te genereer ter ondersteuning van die wat in diens van die Here leef en werk aan die daarstel van die nodige strukture en programme om die Koninkryk te bevorder.

c)    Ook om die nodige strukture en programme daar te stel om diep armoede aan te spreek

d)    Hernude ywer onder leiers en die oprigting van nog meer mense as geesteike leiers – talle meer is nodig om die uitdagings aan te spreek.

Die grootste uitdaging is die opmars van Islam – die Muslims het hul posisie aansienlik verstewig onder die Marxistiese regering en die bevolking gepenetreer soos nooit tevore nie. Hulle getalle groei aansienlik aan uit die geledere van animiste en nominele Christene.

---
Bid saam vir die #17 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Oesbekistan.

Bid saam vir die #17 land op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys, Oesbekistan.

Die Kerk ervaar enorme druk vanaf ʼn paranoïese regering. ʼn Gelowige kan beboet word vir ʼn... Klik om verder te lees >>

---
ASIA BIBI LEAVES PAKISTAN

ASIA BIBI LEAVES PAKISTAN

Asia Bibi has finally left Pakistan and is safely in Canada with her family who was already in the country after they were granted asylum. Asia, a wife and mother, had been on death row for eight years on false charges of blasphemy. Her case focused global attention on Pakistan’s blasphemy laws, which have deep support among Islamic fundamentalists inside …

Read more.

---

Sri Lanka, feedback from our co-workers

On 21 April 2019, Sri Lanka was rocked by some of the deadliest Easter attacks on Christians in history. Over 200 were killed while at least 450 people were wounded and many still unaccounted for. It’s clear that these attacks affect thousands of people whose lives will never be the same again. One of our co-workers, Liyoni*, said that in …

Read more.

Giggel

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,