Header

Jaargang 16 - Uitgawe 17/2019 - Woensdag 29 Mei 2019

ngkn@ngkn.com.na

Roeping 2017 is die roetekaart vir ons kerk-wees die volgende paar jaar in Namibië.

Die Sinodale Kantoor in Windhoek sal op Vrydag 31 Mei gesluit wees.

Rubrieke in hierdie uitgawe...

• Nuusbrokkies

• Radioprogramme

• Familie-nuus

• Opleiding

• Voorbidding

• Giggel

Nuusbrokkies

Skakel na Kerkbode se webblad

In die jongste Kerkbode (omslagdatum 31 Mei) lees ons oor die volgende ... 

PEN en MES
Kerkbode vat vandeesmaand hande met PEN en MES, wat hierdie winter reuse-werk sal doen om die mees weerloses in ons samelewing by te staan. Op bl 20 van die gedrukte uitgawe vertel ons ’n tweede omgeestorie in ons reeks oor dié organisasies se jaarlikse Winterhoopveldtog
(1 - 30 Junie) waarby vrywilligers in talle stede en dorpe landwyd betrokke kan raak.

Kerkbode-app: Altyd byderhand
Met meer as 70% van ons digitale lesers wat ons stories op hul fone lees, het ons moeite gedoen om die reeds netjies Kerkbode-app nou werklik ’n puik produk te maak.

Het ons daarin geslaag? Gaan laai die opdateerde app (Android en Apple) af indien jy nog nie het en laat ons gerus weet. Besoek www.kerkbode.co.za en volg die skakel na die app-winkel op die tuisblad. Dis gratis, nes ons aanlyninhoud.

Voorblad: ’n Data-storie oor hoe die kerk teen 2028 mag lyk
In die 1970’s was daar ’n stormloop na die preektstoel, wat gelei het tot ’n rekordaantal jong NG leraars in 1981. Hoe gaan die kerk lyk wanneer die “Klas van 1981” aftree? 

---

"Landswye" Hemelvaart-fees aan die kus

Wanneer ds Fanus Hansen op Hemelvaartdag 'n diens aan die kus hou, sal mens dit waarskynlik met reg 'n "nasionale fees" kan noem.

Swakopmund wemel reeds van vandag af, want The Dolphin Schools alhier is die gasheer van die Namibiese Privaatskole se wintersport saamtrek.

Ds Peet Poggenpoel van Walvisbaai-Meersig laat weet dat al die gemeentes en skole saamgemaak het vir hierdie feesdiens op Hemelvaart. Ds Hansen, 'n oudleraar van Meersig, tree dan as gasprediker op.

Die gehoor beloof te bestaan uit mense van regoor Namibië wat vir die sportsaamtrek daar is.

---

Elektroniese afval, só gemaak...

Hierdie kennisgewing is gebore uit 'n advertensie wat onder Clem se motor se ruitveër beland het. Feldmuis is half ongemaklik om daaroor te piep, want hy is nie 'n advertensie-blad nie.

Tog is elektroniese afval 'n moeilike ding en hierdie is waarskynlik die enigste moontlikheid wat in Windhoek bestaan om verantwoordelik daarvan ontslae te raak.

Hierdie plasing beteken nie Feldmuis (of die NG Kerk) kondoneer die betrokke besigheid nie. Die diens word bloot bekend gemaak in belang van 'n gesonder omgewing. Die kultuur-opdrag van bewoon, bewerk, bewaar vra dit immers van God se geliefde seuns en dogters.

---

Pentecost message from the WCC presidents

• Contribution received from Council of Churches in Namibia (CCN)

23 May 2019

As regional presidents of the World Council of Churches, we send special greetings to you and to the whole fellowship of churches around the world celebrating the birthday of the church on Pentecost.

This year we find special pertinence for the contemporary world in the story of Jesus’ earliest followers, men and women, on that momentous day.

Visited by the Spirit of God, a newly emboldened Peter attested to Jesus’ life, death, and resurrection to the crowds gathered in Jerusalem on the day of Pentecost. The outpouring of the Spirit moved the followers of Jesus to prophesy.

In those days I will pour out my Spirit;
and they shall prophesy. (Acts 2:18)

To prophesy is to tell the truth. No rank or class, no race or club, no gender, nor even any religion, has a monopoly on the truth. Even humble fisherman can rise to tell it.

And no falsehood or lie can withstand the sturdy witness to the all-inclusive, healing, indeed transformative love of God revealed to us in Jesus. In the end, all authorities must yield to truth:

Now when they saw the boldness of Peter and John and realized that they were uneducated and ordinary men, they were amazed and recognized them as companions of Jesus. (Acts 4:13)

These days, we need such prophetic witness to the truth—in our societies and politics, in ourselves and our churches.

Conversion—our falling in love with God— reveals values that illumine our understanding, broaden the range of our empathy, and even sharpen our perceptions.  “The look of love” colors the whole world anew in the bright hues of ultimate truth and moves us to embrace  it and commit to it.

In the last days it will be, God declares,
that I will pour out my Spirit upon all flesh,
and your sons and your daughters shall prophesy,
and your young men shall see visions,
and your old men shall dream dreams.

There are no guarantees of objectivity in science or politics or journalism. We must always search out the truth amid competing probabilities and uncertainties and even self-deception.  Yet the deepest truths of our lives—the goodness of being, the dignity of all persons, the integrity of creation, the need for justice and peace--can be tested not only by the integrity of the quest but also by the authenticity of their proponents and, in the end, by the criteria of love.

You have made known to me the ways of life;
you will make me full of gladness with your presence.

Peter’s speech to the crowds and his plea to the authorities employed these plain tests of truth: Does it lift up and heal? Is it inclusive? Is it loving? Does it track with what Jesus has told us of God’s redemptive love for all?

We hear them speaking about God’s deeds of power.

At Pentecost, we witness the birth of the church amid a world of many languages and cultures. God’s truth, enflamed by the action of the Spirit, creates a loving community of truth to counter self-serving deceits of the powerful.  The communion or koinonia shared by the fellowship of Christians embraces all peoples, all languages, the whole oikoumene, in love.

No “news” that caters to prejudice can be true. No “policy” that enflames hatred can be true. No “science” that denigrates human dignity can be true. No religious claim that incites extremism or terror can be true.

God’s vision of justice and peace is the nonviolent alternative to empire. Its all-embracing kinship prizes yet transcends differences, rebukes self-serving falsehoods, shames demagoguery, and battles oppression. It heals trauma and reaches out to the stranger and the marginalized. It is the prophetic boldness that stands up “because God’s love has been poured into our hearts through the Holy Spirit that has been given to us” (Rom 5:5).

In our lives and work as churches, and as churches joined in ecumenical fellowship, we pledge always to witness prophetically to the truths of human dignity, religious freedom, the integrity of creation, and God’s vision of justice and peace.

As a fellowship of churches in the world, imbued with the Spirit of God, let us always and together seek the truth, tell the truth, proclaim the truth, and live the truth!

Peace be with you!

The presidents of the World Council of Churches:

• Rev. Dr Mary-Anne Plaatjies van Huffel, Uniting Reformed Church in Southern Africa
• Rev. Prof. Dr Sang Chang, Presbyterian Church in the Republic of Korea
• Archbishop em Anders Wejryd, Church of Sweden
• Rev. Gloria Nohemy Ulloa Alvarado, Presbyterian Church in Colombia
• Bishop Mark MacDonald, Anglican Church of Canada
• Rev. Dr Mele’ana Puloka, Free Wesleyan Church of Tonga
• H.B. John X, Patriarch of the Greek Orthodox Church of Antioch and All the East
• H.H. Karekin II, the Supreme Patriarch and Catholicos of All Armenians

---

Binnelandse Sake wek dooie vrou op, maar man steeds wewenaar

• Oorgeneem uit Grens.Pos 15 van 23 Mei

Hier is 'n storie wat almal wat gereeld met die Dept. van Binnelandse Sake te doen het, sal waardeer.

    Tussen hakies, sy is ook twee keer dood, een keer aan 'n hartaanval, en die tweede keer aan onnatuurlike oorsake.

---

How South Africa can do better at reversing apartheid's legacies

• Oorgeneem uit Grens.Pos 15 van 23 Mei

Hierdie artikel help mens dieper dink oor byna elke politikus se gunsteling tema. Dis makliker gesê as gedaan. Die artikel het by The Conversation verskyn:

The lofty and noble ambitions for a post-apartheid future raise two important questions.

     The first is: do policymakers really understand the complex system that gave rise to apartheid's legacies? Not the monolithic idea of apartheid, but the inner workings. The second question is: do South Africans and their leaders know what the alternative outcome is that would replace the status quo? Can the country envisage its own good society?

     If the answer to these questions is no, the country won't progress.

    These questions raise a third question that is critical to the success of eradicating apartheid's legacies. It is whether South Africans understand the positive systemic dynamics they would have to create, and how to go about creating them, to deliver on the promise of democracy. Read further.

---

Oor julle 90 sekonde video - ek weet nog net van 1!

Die Algemene Sinode se kantoor vra dat elke Sinode vir hulle kort video’s (‘n maksimum van 90 sekondes per video), sal instuur

Hierdie video’s moet goeie/positiewe/inspirerende nuus vanuit elke Sinodale streek bevat.

Daar is geen beperking op die hoeveelheid video’s wat elke Sinode kan instuur nie.   

MAAR...

Ek moet vóór of op 4 Julie 2019, vir hulle ‘n aanduiding sal gee van die aantal video’s wat ons be-oog om te stuur, sowel as waaruit die inhoud gaan bestaan. (Die video’s hoef by hierdie datum nog nie afgehandel te wees nie, ‘n finale sperdatum hiervoor, sal later voorsien word). 

Die Ontwerpspan benodig hierdie inligting vir die beplanning van die inhoud vir die Sinodesitting - die onderskeie video’s gaan by die inhoud van die Agenda ingewerk word, om deel daarvan te vorm.

Laat weet my asseblief dadelik

• hoeveel video's julle gaan stuur;

• waaroor die video's gaan handel.

Julle het tyd tot Maandag 4 Junie!

---

CLF vier VGK se 25 jaar met ekumeniese sangbundel

CLF het tydens die 25 jaar viering van die VGK die nuwe veeltalige liedboek, “Sing praises all you people” bekend gestel. Die liedboek bestaan uit 100 liedere uit verskillende liedboeke en het ten doel om waarde tot die lofsang en aanbidding tydens multi-kulturele kerkdienste te voeg.

Om “Sing praises all you people” te bestel, stuur ‘n e-pos aan order@clf.co.za of bestel dit aanlyn https://clf.co.za/product/sing-praises-all-you-people

Op die radio...

Maak dit asseblief bekend in die gemeente?

Onder die Kameelboom

Die tale-wonder van Pinksterdag beklemtoon dat God se geloofsgemeenskap 'n gedifferensieerde gemeenskap is. Dit is nie homogeen eenders nie! Tog is die saamwees meer begryplik en verstaanbaar. Dit, en nog meer, is die insigte wat Clem Marais en Dirk Louw uitlig wanneer hulle Onder die Kameelboom gesels oor Handelinge 2. Kuier gerus Sondag om 12:00 (of Dinsdag om 09:30) saam op Kanaal 7. Die stasie saai ook op internet uit (www.k7.com.na) asook op die DSTV-platform kanaal 825 en Go-TV kanaal 303. 

Familie-nuus

Hulle verjaar tot volgende week...

• Anita Jooste (Otjiwarongo): Donderdag 30/05; 067-304339, hectorjooste@otjiweb.com

---

Herdenkingsdiens vir Grietjie Combrinck op 15 Junie

Ds Johann Combrinck (Warmbad) laat weet daar word op 15 Junie 'n herinneringsdiens op Warmbad gereël vir sy vrou, Grietjie.

Hy sê aan almal baie dankie vir ondersteuning en bemoediging oor die afgelope 5 jaar.

Opleiding

Counsellor training (for CPD points)

Voorbidding

Ons bid vir Ghana  

Versorg deur Thijs van der Merwe – aan die hand van Patrick Johnstone en Jason Mandryk se Operation World

Oppervlakte 238,533 km2. Grasvelde in die oorde, plase en woude in die suide. Die sentrale deel word deur die reusagtige mensgemaakte Volta meer - 520 km lank - gedomineer, die grootste in Afrika.

Bevolking 27.5 milj in 2018. Accra die hoofstad het 2.4 milj inwoners.

Politiek: Onafhanklik van Brittanje in 1957. Nkrumah se sosialistiese eksperiment was ‘n mislukking en dompel die land in armoede.

• Na sy omverwerping in 1965 het 5 militêre juntas en drie swak demokrasieë mekaar opgevolg.

• Rawlings se militêre bewind baan in 1992 die weg vir demokrasie en veelparty verkiesings

• In 2000 het uiteindelik stabiliteit gekom.

John KUFUOR van die opposisie New Patriotic Party (NPP) volg hom op en is in 2004 herkies.

John Atta MILLS van die National Democratic Congress wen in 2008 maar sterf in 2012 en word opgevolg deur John Dramani MAHAMA, wat die verkiesing in Desember 2012 wen. In 2016, word Nana Addo Dankwa AKUFO-ADDO van die NPP president – die 3e verandering van partye wat die volwasse wording van die politieke speelveld bewys.

Ekonomie Voer kakao, goud en hout uit en saam met toerisme is dit die grootste ekonomiese drywers. Oorspandering, wanadministrasie en korrupsie na onafhanklikheid het die ekonomie geknou.

• Sedert 1984, word daar stadig gevorder op die pad van ekonomiese herstel.

‘n Mensgemaakte meer en hidro-elektriese aanleg aan die westelike grens is ontwikkel.

Ten spyte van rykdom in grondstowwe en in vroeër tye, sukkel Ghana tans met armoede.

Die ryk tropiese woude is oorbenut; agv grondverarming en swak reënval verarm boere in die noorde. Tog hou die stabiele politieke toneel belofte in vir ekonomiese herstel.

Die olie industrie wat in kinderskoene is het groei gebring maar na die val in die prys van ru-olie in 2015 het verdienste gehalveer.Dit is aan die stabiliseer. Die opkomende Gas industrie verskaf elektrisiteit.

Sedert 2017 het die regering baie gedoen om die onderliggende probleme wat die ekonomie kniehalter aan te spreek en is daar sukses te bespeur.

Godsdiens: Sekulêre staat met beperkte vryheid van godsdiens. Christene: 63.55%; Muslim 21%; Tradisioneel etnies 15.25% Baha'i 0.1% nie-Godsdienstig/ander 0.1%.

Loof die Here vir:

‘n Geestelike oplewing in Ghana.

• Die deursuur van literatuur, Scripture Union in die skole, die New Life for All Campaign van die 1980s en die evangelisasie vuur van verskeie kerke — het duisende ingebring en baie tradisionele Presbiteriaanse en Metodiste kerke laat opleef.

• Verskeie evangeliese, charismatiese en pinkstergroepe het in die suide ontstaan. 

• Die National Survey van die Ghana Evangelism Committee (GEC) het gehelp met die daarstel van ‘n nuwe visie om vernuwing te bring, kerke te plant en agteruitgang in denominasies teë te werk.

• Gedurende die 1990s was daar ‘n groei in die uitreik na die animistiese en Muslims van die noorde

Beskikbaarheid van die Bybel: In 1965 was die Bybel in slegs vyf tale beskikbaar, teen 2000 was daar in 43 volledige Bybelvertalings, met verskeie projekte vir ander vertalings aan die gang.

Die sendingvisie van die kerk in Ghana het toegeneem en beide agentskappe en sendingwerkers is aan die toeneem.

Tree in vir:

Stabiele regering om verder te verstewig. Bid vir regeerders om God se wil te soek in die begeleiding van die land tot volwassenheid.

Die Christendom was grootliks beperk tot die suide. 64% beskryf hulself as Christene, maar net 40% het ‘n band met ‘n kerk en net 12% woon gereeld dienste by.

• Afrika tradisionele wêreldbeeld en praktyke gaan hand in hand met die aanspraak op Christenskap. Talle het na tradisionele kerke oorgegaan waar daar meestal min van die ware evangelie tereg kom, eerder ‘n sinkretistiese afgodedom word aangehang vermeng met Christus.

Bid dat mense sal breek met fetisjisme en die okkulte, ean dat hulle bevryding in Jesus sal vind.

Visie vir die 21e Eeu: Die 1989 GEC konferensie se doelwitte is net gedeeltelik bereik.

Bid vir die uitdagings: a) Om gemeentes te laat toeneem van 22,600 tot 53,000. Teen 2000 was daar 30-35,000 kerke;

b) Om 2000 nuwe kerke te plant in die noorde, Ooste en Westelike dele, sowel as onder landelikes in die suide. Dit moet nog bereik word.

c) ‘n Aktiewe, getuigende kerk vir elke nedersetting, dorp, stedelike woongebied en landelike gebied. 70% van Ghana se nedersettings het steeds geen Christelike kerk nie.

Die visie het die kerk gefokus en goeie vrug opgelewer in die 21e eeu.

Volwasse leierskap is ‘n knelpunt en die snelle groei, ekonomiese uitdagings en leerverwarring maak dit dringend noodsaaklik om goed opgeleide leierskap op te rig!

Bid vir die Bybel skole asook die verskillende Afstandsonderrigprogramme wat dit probeer aanspreek.

Giggel

Met erkenning aan Clergy Coaching Network

---

Hartlike groete uit die Sinodale Kantoor in Windhoek,