Homoseksualiteit – 2004 verslag met besluite

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in 2004 in diepte besin oor homoseksualiteit. ‘n Omvattende verslag het voor die sinode gedien.

Die tekste wat oor die algemeen in die debat rondom die Bybelse beoordeling van homoseksualiteit gebruik word, is die volgende:

  • Genesis 1:27-28,
  • Genesis 2:18-25,
  • Genesis 19: 1-29,
  • Levitikus 18: 22 en 20:13,
  • Romeine 1:18-32,
  • I Korintiërs 6:9 en
  • I Timoteus 1:10.

Daar bestaan egter min konsensus oor die betekenis van hierdie tekste en hulle toepaslikheid met betrekking tot die beoordeling van homoseksualiteit vandag (Germond 1997: 212).

Aan die een kant is daar persone wat die genoemde tekste beskou as verwysings na die verskynsel van homoseksualiteit as sodanig en dit derhalwe interpreteer as ‘n duidelike aanduiding dat die Bybel ‘n sterk negatiewe oordeel daaroor uitspreek.

Aan die ander kant is daar persone wat dieselfde tekste beskou as verwysings na spesifieke, geperverteerde vorme van homoseksualiteit (byvoorbeeld verkragting, tempelprostitusie, afgodery en pederastie) en op grond daarvan aanvaar dat dit nie as veroordeling van homoseksualiteit as sodanig beskou kan word nie.

Hierdie twee standpunte word onder andere bespreek in die verslag wat voor die Algemene Sinode gedien het.

Kry die volledige verslag met die besluite wat die sinode geneem het, hier: HOMOSEKSUALITEIT, 2004 Algemene Sinode