Bediening onder die San

Binne die gebied van die Noordelike Ring is ’n Sentrum vir Diens en Getuienis in die Noord-Oostelike Streke (Degnos) gevestig wat veral fokus op die ondersteuning en uitbouing van dienswerk binne die San-gemeenskappe.

Benewens toerusting van inheemse geestelike werkers om verantwoordelikheid vir die bediening te neem, is daar verskeie projekte aan die gang wat gerig is op die ontwikkeling van die onderskeie gemeenskappe.

Hieronder tel onder andere veeteelt en kurio-verkope. Degnos is baie afhanklik van die steun van eksterne vennote, en is dankbaar om aan hulle erkenning te gee. Verskeie gemeentes in die Wes-Kaap, Vrystaat en Namibië is hierby betrokke.

Nadere besonderhede oor die dienswerk kan by die Bestuurder van Degnos verkry word by [email protected].