Die Noorde Ring van die NG Kerk in Namibië het ‘n omvangryke bediening onder die San (of, soos hulle verkies om na hulleself te verwys, die Boesmans) in die noord-ooste van Namibië. Daar is 4 gemeentes onder die Boesmans, te wete Western Caprivi (in die Bagani-omgewing), Tsumkwe, Luhebu-Noord en Wildevy. Laasgenoemde is ‘n kategoriale gemeente van plaaswerkers in die distrikte van Tsumeb, Grootfontein en Otavi. Die Diens en Getuienis Sentrum: Noord-Ooste Streek (DEGNOS), gesetel op Grootfontein, vorm die kern van die Boesmanbediening.