Die gemeente stig in 1974 van Walvisbaai af. Dit is ’n kusgemeente met ‘n lidmaattal van 523 Belydende- en 226 Dooplidmate (Julie 2008). Ons gemeente is een van drie NG Gemeentes in die dorp, elkeen met sy unieke identiteit. Van ons 523 belydende lidmate, is 234 tussen die ouderdom van 25 – 45. Daar is dus baie jong getroude pare en ouers met klein kinders in die gemeente. Dit dra daartoe by dat ons ‘n jong-, dinamiese- en vernuwende gemeente is met baie energie en potensiaal.
Bedieninge:
|1. Ons het ‘n tiener- en kinderbedienig, onderskeidelik aan die hoërskool en laerskoolkinders. Die tienerbediening gebruik die Mod-cats model en bedien ongeveer 45 tieners per geleentheid, terwyl die kinderkerk die Paidion model gebruik en ongeveer 90 kinders per geleentheid bedien. Ons is baie opgewonde oor ons jeugbediening en is voortdurend besig met uitbreiding en verbetering daaraan, soos die ontwikkelling en uitbreiding van ons infrastruktuur, kampe, ens.
2. Ons gemeente beskik oor ‘n dinamiese gasvryheidsbediening, waar mense met die gawe dit kan uitleef. Hulle is ook verantwoordelik vir die organisering van meeste van die gemeente se sosiale funksies.
3. Ons het ‘n sang- en musiekbediening wat besig is om te groei en wat ‘n sentrale rol in die eredienste speel.
4. Daar is kleingroepe of selgroepe in die gemeente en ons is besig met voorbereiding en beplanning om dit nog baie meer uit te brei, sodat ons soveel as moontlik lidmate op die wyse kan bedien.
Die visindustrie is die hoof ekonomiese aktiwiteit in die gemeenskap en saam met die hawe, toerisme en aanverwante besighede vorm dit die slagaar van inkomste aan die gemeenskap. Die dorp beskik oor goeie infrastruktuur met ‘n Laer-en Hoërskool asook privaatskole.
Kontakbesonderhede van die Kerkkantoor: + 264 64 204777 of [email protected].