Walvisbaai-Noord

Die gemeente stig in 1962 van Walvisbaai af. Ons sien kerk/gemeente as mense en nie geboue/’n adres nie. Daarom het ons in die laaste 2 jaar al ons geboue [ pastorie, kerkgebou, saal] verkoop, omdat dit bloot ‘n las in plaas van ‘n bate was. Ons sien die sin en doel van ons bestaan uitgedruk in die volgende beginsel:

 “Die gee van tiendes-beginsel” Dit het niks met die gee van geld te doen nie, maar word prakties uitgeleef in die volgende twee aktiwiteite:

 1] Geestelike versorging van mekaar en die mense met wie ons die aarde as woning deel.

 2] Fisiese/psigiese versorging van mekaar en die mense/diere/natuur met wie ons die aarde as woning deel.

 Sondae sien ons as ‘n dag wat ons saamkom om God ons Skepper en Verlosser te aanbid en eer aan Hom te bring. Die res van die week poog ons om mekaar te motiveer en mobilseer ogv bogenoemde twee aktiwiteite.

 Ons deel ook een van ons geestelike leiers [Berrie Holtzhausen] met ‘n internet gemeente [GSG -Gemeente Sonder Grense] en beplan ook om dit uit te brei, dmv die tegnologie, tot groepe mense/gemeentes op afgelee plekke en ander kontinente , en op die wyse hulle in te skakel by ons geestelik/fisies/psigies versorging. Kontak ons dus gerus by [email protected].

Christus is ons HERE – Walvisbaai-Noord NG Kerk