Otavi

DSCI0061.JPG

Otavi is `n klein plattelandse dorpie in Noord-sentraal Namibia, ongeveer 360 kilometer noord van die hoofstad Windhoek. Die gemeente het op 1 Oktober 1955 van Grootfontein afgestig. Otavi gemeente is `n tipiese familie gemeente wat beteken dat families deur die geskiedenis van die gemeente altyd betrokke was en steeds is. Die visie van die gemeente is om in volle afhanklikheid deur die liefde van God die Vader, die genade van Jesus Christus en die kragtige werking van die Heilige Gees, te groei tot volwassenheid in Jesus Christus ten einde ligdraers tot eer van God te wees.

Die (tentmaker) leraar is Ds. De Wet L. Mouton (tel + 264 67-222978 of e-pos [email protected]) en die Skriba/Koster is Alexander du Toit (tel/faks nr. + 264 67-234267 of e-pos [email protected])