Outjo

Die gemeente stig in 1943 van Otjiwarongo af.

Ons is die voorlaaste dorp in die Noord-weste (die Kunene streek) van Namibië en ‘n groot deel van die Etosha Wildresevaat (die Panne) val binne die gemeente se grense. Dit is hoofsaaklik die rede vir die ongeveer 25 000 toeriste wat elke maand deur Outjo reis.

Die grootste ekonomiese aktiwiteit in die omgewing is bees en kleinvee boere met ‘n al groter wordende wildbedryf wat gerig is op buitelandse trofee-jagters. In die dorp is drie groot besighede wat vir baie werksgeleenthede bied.

Ons kinders gaan skool in Moria Privaatskool en almal saam, van graad 1 tot 12, is 200 leerlinge. ‘n Gideonsbende wat hulle oral en op elke gebied laat geld.

Outjo gemeente het 300 belydende lidmate en 100 dooplidmate (2008). Ons het ‘n verkleinde kerkraad van 12 lede wat verantwoordelikheid neem vir die wyksbediening en ander spesifieke bedienings.

Ons is aangrensend aan twee groot kommunale gebiede, naamlik Damaraland en Kaokoland. Dit bied aan ons die wonderlike geleentheid om saam met Kunene vir Christus, deel te kan hê aan die bediening van hierdie groot gebied.

Alhoewel ons nog baie moet ontwikkel, sien ons die kleingroepbediening as ‘n model waardeur ons lidmate betrek, versorg, toerus, bemagtig en geleentheid bied om die wêreld te transformeer.

Telefoonnommer van die Kerkkantoor: + 264 67 313 152.

E-pos: [email protected]