Kunene vir Christus is ‘n getuienisbediening wat gekoördineer word deur ds Erik van Zyl op Outjo. Hy werk in die voormalige Kaokoland en Damaraland, tot in Angola. Kuier ook op Kunene vir Christus se Facebook-blad.
- Die storie van uitreikspanne se werk in 2017: Nuusbrief Kunene vir Christus uitreikspanne 2017
- “Sammy is die Trauma heling se storie vir kinders en die kinders kan hul SO identifiseer met Sammy,” vertel Wilma in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 19 Februarie
- Dit is ‘n week van aktiwiteite by Kunene vir Christus vertel Wilma in haar gebedsbrief van 10 Februarie
- “Ek staan altyd verwonderd teenoor die Here as ek wegry van hierdie gesin wat ver in die bos bly en moet oorleef uit die natuur,” sê Wilma. Lees in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 29 Januarie wat haar so verwonderd maak…
- Wilma vertel van die afloop van die skoolverlaterskamp in een gebedsbrief van 26 Nov …
- Die pasafgelope leierskamp van Kunene vir Christus kom in ‘n ander gebedsbrief van 26 Nov aan die orde…
- Nog bietjie Skoolverlater-nuus in KvC se gebedsbrief van 10 November
- Nuus oor Skoolverlaters 2014 en nog meer in KvC se gebedsbrief van 6 Nov
- Wilma vertel van ‘n opwindende Damaralandkamp in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 15 Oktober
- Met die heengaan van Ouma Willemina vd Merwe David is nog ‘n direkte skakel met die Dorslandtrekkers verbreek, vertel KvC se gebedsbrief van 12 Aug
- Goeie nuus! Okaya het weer water so 500 mense en hulle diere is geholpe – so vertel Wilma in Kunene se gebedsbrief van 5 Aug
- ‘n Trauma-kursus op Orumana, waar alles begin het, oortref alle verwagtinge – Wilma vertel in Kunene se gebedsbrief van 29 Julie
- Lees van nog ‘n jaar sonder kos in die bos en nuwe planne met die waterprobleem in Angola – alles in Kunene se gebedsbrief van 28 Julie
- Wilma praat van penne en bloemistelint, die Trauma-program op 2 plase en van Bennie Mostert se kuier op Outjo – dit alles in Kunene se gebedsbrief van 11 Julie
- Elsie wat vir vertel Wilma van ‘n man wat sê hy hoor hulle het ‘n manier om die klippe uit die hart te kry (verwysend na die Trauma-heling program) en buitebande wat “van Bo” voorsien word – dit en nog in Kunene se gebedsbrief van 3 Julie
- Die tyd van die jaar is Kaokoland vol uitreikspanne. “Ons IS die pyp waardeur God se lewende water vloei,” sê Wilma in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 2 Julie
- Heidelberg is in die veld en Hentiesbaai se ouer lidmate doen ook hul ding – so vertel Wilma in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 26 Junie 2014
- Jacob draai terug uit Noord-Angola en die Heidelberg-span gaan veld toe – dis onder meer waarvan Wilma vertel in Kunene vir Christus se Gebedsbrief van 10 Junie 2014
- In KvC se gebedsbrief van 3 Junie 2014 vertel Wilma onder andere van John Enright se bo-natuurlike ervaring en van komberse wat harte blymaak.
- Jacob reis weer Angola toe en Meercat-skooltjies hoor trauma-heling stories – dit en nog meer in KvC se nuusbrief van einde Mei 2014
- Lees Martenlina se mooi storie van hoop en word bemoedig: Kunene-gebedsbrief 19 Mei
- NETWERK, vertel Wilma, is die naam van die spel. In 15 Mei se Kunene-gebedsbrief vertel sy van hulle netwerk met Disciple Nations Alliance, Crown Ministry (wat Jacob Zambië toe neem) en Veritas.
- Met amper 300 mense was die Paaskamp van 2014 ‘n besondere ervaring. Lees daarvan in Kunene se gebedsbrief van 28 April
- Kunene se gebedsbrief van 15 April vertel van die “internasionale paaskamp”: kampeerders uit Namibië en Angola en ‘n spreker uit Kanada – lees daarvan en bid daarvoor…
- Die gebedsbrief van 14 April word as dubbel-door gelaai – nuus van Sam Rowland se besoek sowel as nuus oor die Kinkunie-projek in Noord-Angola.
- Kunene vir Christus se gebedsbrief van 2 April is vol sprankel stories van ‘n vrugbare tyd in die veld!
- Wilma vertel onder andere van ‘n gebedsmaand tot Paasnaweek en inwyding van ‘n boorgat op Okondjanambari in Kunene se gebedsbrief van 11 Maart
- Oor ons President se gebedsdag, die trauma kursus en ‘n kuier by Vreugde – alles in Kunene se gebedsbrief van 7 Maart
- Trauma-heling kursus, Kaokolanders wat kuier, Jacob wat ry – alles en meer in Kunene 3 Maart
- Lees onder andere van die hemel wat met reën na die aarde vry en van Jessie se aanbiedings wat op Queen Sophia ‘n aanvang geneem het in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 27 Februarie
- Trauma-heling aanbieding, op pad Angola toe, droogtehulp – dis onder andere wat in Kunene vir Christus se nuusbrief van 13 Februarie gelees kan word
- Wilma vertel van Die Troue en dat dit nog droog is in Wes-Kaokoland in Kunene 7 Februarie
- Sê dankie vir Edwin se troue en bid vir reën: dit vra Wilma onder andere in Kunene se gebedsbrief van 31 Januarie
- Wilma vertel van die nuwe Dhimba-Nuwe Testament wat feestelik deur die Zemba-mense ontvang is sowel as ‘n innoverende kursus oor trauma-heling in haar gebedsbrief van 28 Januarie
- Lees Kunene se wense vir 2014 vir jou sowel as nuus van projekte wat afskop: Kunene se gebedsbrief van 24 Januarie
- Die Beheerraad het vergader – kyk hoe hulle lyk en lees van die vergadering in Kunene se gebedsbrief hieroor
- Noodvoedsel word in Angola gekonfiskeer en troureëlings hou Jacob-hulle besig – dit en nog meer in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 5 Desember
- Jacob voel bevoorreg om saam met Opuwo te kan nagmaal geniet en Chris help kos aanry vir 380 km – lees hiervan in Kunene se jongste gebedsbrief
- Die inwyding van ‘n nuwe polisie-stasie kortwiek Pionierspark se tweede rondte kos-uitdeel, maar Dries Burger skryf: Vir myself is ek baie dankbaar dat ons n klomp individue langs die pad kon help. Heelwat van hierdie enkele het vir Linus geken en gou geconnect. Ek lanklaas soveel eerlike dankbaarheid beleef. Lees daarvan in Kunene se gebedsbrief van 25 November
- Jeugbybels word uitgedeel, Amos Meercat-lêers word gepak en Dries en André ry weer met kos – dis waarvan Kunene se gebedsbrief van 11 November vertel
- Bid vir Outjie Primêr se Gr 7-klas vra Kunene vir Christus in Kunene se gebedsbrief van 31 Oktober
- Die Kunene-span moet binne 3 weke 20000 bladsye in 20000 sakkies sit – lees daarvan in Kunene se gebedsbrief van 29 Oktober
- Lees van Outjo se pastore-ete in Kunene se gebedsbrief van 25 Oktober
- Heerlike nuus oor die Droom van Outjo-projek en Jakob wat namens ‘n Herero-paartjie ‘n ouer-vra gesprek begin – in Kunene se gebedsbrief van 24 Oktober
- Die afgelope tyd het vir Kunene vir Christus gestaan in die teken van kos-uitdeel – lees daarvan in hulle gebedsbrief van 22 Oktober.
- Die keer bietjie persoonlike nuus van Jacob en Wilma Schoeman – kinder-troues en langverlof – alles in Kunene vir Christus se gebedsbrief van 14 Oktober.
- Die vraag is nie is God goed nie, maar sal ek Hom vertrou in enigiets wat Hy oor my pad toelaat – dit vra Kunene vir Christus in hulle gebedsbrief van 1 Oktober.
- Lees van die Queen Sophia-projek en Umunu se matriekafskeid in Kunene se gebedsbrief van 21 September
- Boorgat word geïnstalleer op Katete – lees daarvan in Kunene se gebedsbrief van 14 September
- Meercats, Horeb en die boorprojek – dis waaroor Kunene se gebedsbrief van 3 September gaan.
- Lees van Eros se uitreik na Horeb en die afloop van die huwelikskamp in Kunene se gebedsbrief van 29 Augustus
- Bid asseblief vir die die huwelikskamp en die waterpomp se installasie op Katete vra Kunene se gebedsbrief van 20 Augustus
- Pionierpark-gemeente is met ‘n uitreik na die Otjimuhaka-gebied – Wilma wys foto’s in Kunene se gebedsbrief 19 Augustus
- Wilma vra die keer voorbidding vir onder andere ‘n huwelikskamp en die droogte in Kunene se gebedsbrief van 17 Augustus
- Lees die mooi verhaal van Outjo se pastore / dominees se saam-kuier in Kunene se gebedsbrief van 9 Augustus
- Kunene se gebedsbrief van 2 Augustus vertel onder andere die storie van Mukuena, onderwyser op Okangwati, wie se medies nie in plek is nie en nou met 300 000nad mediese koste sit na ‘n motorfietsongeluk.
- Kunene se gebedsbrief van 17 Julie 13 – die storie van die Queen Sophia hervestigingsplaas.
- Lees Kunene vir Christus se Gebedsbrief van 10 Junie 2013
- Lees Erik van Zyl van Kunene vir Christus se Nuusbrief 34 – Mei 2013