Die taakspan se werk is om missionale bediening van die kerk te bevorder en sinergieë aan te wakker. Die taakspan is verantwoordelik om die verhouding tussen gemeentes en diakonale dienste van werkkringe wat geassosieer word met die NGKN te bevorder.
Die taakspan verteenwoordig die NGKN in die EcSoS netwerk.
Die taakspan bestuur die fondse geassosieer met die taakspan in oorleg met die Algemene Sekretaris en bring behoeftes wat aandag vereis onder die aandag van die moderamen en Algemene Sekretaris.
Die NG Kerk in Namibië (NGKN) en die Namibiese sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk in SA (VGKSA) het in 2012 ‘n Maatskaplike Dienste Organisasie in die lewe geroep om te dien as statutêre sambreel vir die verskillende maatskaplike dienste van die NGKN.
Ecumenical Social Services (EcSOS) is ‘n lede-organisasie.
EcSOS se adres is die sinodale kantoor te Schanzenweg 46A, Windhoek. Die NGKN doen die administrasie per ooreenkoms namens EcSOS.
Telefoon: +264 61 374350
E-pos: [email protected]