Die NG Kerk in Namibië (NGKN) en die Namibiese sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk in SA (VGKSA) het ‘n Maatskaplike Dienste Organisasie in die lewe geroep om te dien as statutêre sambreel vir die verskillende maatskaplike dienste van die NGKN.
Ecumenical Social Services (EcSOS) is ‘n lede-organisasie en word bestuur deur Amanda Viviers as Hoofuitvoerende Beampte. Sy werk van die huis af en is gewoonlik een dag per week op kantoor.
EcSOS se amptelike adres is Die Sinodale Kantoor van die NGKN te Schanzenweg 46A, Windhoek.
Die werksaamhede staan onder die Raad van EcSOS maar die hatr agv Covid en die inenstorting van die ekonomie wat die organisasie finansieel op die knieë gebring het, bring ‘n nuwe era, onder voorsitterskap van ds Clem Marais waardeur die hoofuitvoerende beampte se pos afgeskaal is na ‘n deeltydse (1 dag per week) pos en maak voorsiening dat meeste van die werk vanaf haar man se plaas gedoen kon word.
In 2020 word ‘n nuwe raad onder ds Johnnie Nel van die VGK gekies met ds Marais se aftrede. Die Covid jaar was besonder verwoestend – ds Nel tree uit diens en as gevolg van inperkings en die effek van die siekte waarin meerdere lede die lew laat, kom dinge tot ‘n stilstand.
In 2022 besluit die moderamen van die NGK in oorleg met die VGK se aktuarius dat die hele organisasie herbedink en dalk herorganiseer word. Dit sit die bal aan die rol en met die aanstelling van ds Zack Pienaar as Predikant in Sinodale diens vir Kleingemeenteontwikkeling en Missionale Diakonaat versoek die NGK sy borge, die Verburg Trust van Nederland, om van sy tyd af te staan aan die heraktivering van EcSOS. Ds Pienaar het in Mei 2023 sy kantoor betrek en die prosesse is stadigaan besig om momentum te kry.
Telefoon: +264 61 374350 of +264812266246
E-pos: [email protected]