Roepingsverklaring

1.         Ons glo die lewende Here het Hom aan ons verbind. Aan hierdie verbintenis hou ons vas. Net die evangelie van Jesus Christus bring heelheid en vrede. Christus maak ons profete wat hierdie evangelie oral met integriteit verkondig. Ons getuig van hierdie hoop wat in ons leef.

 

2.         Jesus het gesê ons moet mekaar liefhê. Soos Christus ons liefhet, moet ons ook mekaar liefhê. As ons mekaar liefhet, sal almal weet dat ons sy dissipels is. In gehoorsaamheid aan ons Koning Jesus, vat ons met alle Christene hande om saam te werk sodat die Koninkryk kan kom.

 

3.         God roep ons om hier in Namibië die volheid van Christus se liefde te leef. Dit doen ons as priesters deur daadwerklike aksies van diens en opoffering. Ons is geroep om te wees wie ons in Christus is: Sout vir die aarde en lig vir die wêreld.

 

4.         Ons glo in Jesus Christus wat opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel, wat sit aan die regterhand van die Vader, wat weer sal kom in heerlikheid, wie se Koningsheerskappy geen einde sal hê nie. Daarom gaan ons die toekoms hoopvol en met verwagting tegemoet.

 

Ons het ‘n Here. Ons is sy Kerk. Ons het ‘n toekoms.