NG Kerkorde (2015) Artikel 71
71.1 Met die oog op enige proses van Kerkhereniging van die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie onderling, of kerkvereniging met ander gereformeerde kerke, stel die Algemene Sinode vir sodanige samewerking en/of samevoeging van werksaamhede reëlings vas.
71.2 Sodanige reëlings word in ʼn Tussen-orde omskryf, wat na die goedkeuring van die Algemene Sinode in die Kerkordeboek opgeneem word.
71.3 Waar ‘n Tussen-orde in stryd is met die Kerkorde of waar ‘n Tussen-orde nie vir ʼn bepaalde saak voorsiening maak nie, geld die Kerkorde.
71.4 Waar ‘n Tussen-orde in stryd is met die bepalings en reglemente van die samestellende sinodes of waar ‘n Tussen-orde nie vir ‘n bepaalde saak voorsiening maak nie, kan ‘n Tussen-orde eers in ‘n sinode gebruik word nadat die goedkeuring van die betrokke sinode verkry is.
71.5 ʼn Tussen-orde is nie bepalend of bindend vir die vorm en inhoud van ‘n nuwe Kerkorde wat later in ‘n verenigde kerk saamgestel mag word nie.
71.6 ʼn Tussen-orde word gesamentlik opgestel en moet die goedkeuring dra van die gevolmagtigde verteenwoordigers van al die betrokke kerke wat in die proses van vereniging of hereniging met die Nederduitse Gereformeerde Kerk is.
71.7 ʼn Tussen-orde sal alleen van toepassing wees waar twee of meer regspersone van verskillende kerkverbande daartoe ooreenkom.
Tussen-orde[1]
INLEIDING
Hierdie Tussen-orde handel hoofsaaklik met daardie gesamentlike aksies wat besondere reëlings benodig. Baie ander dinge wat tussen lidmate van ons kerke, gemeentes, ringe en sinodes kan en behoort te gebeur, word nie hier genoem nie. Gelowiges moet saam in hulle verskillende kontekste ontdek wat die Here wil hê hulle moet doen. Die bedoeling is dat in hierdie nuwe fase van ons reis saam op pad na hereniging, die deur oop is vir elke lidmaat en elke vergadering vir dit wat die Here vir hulle moontlik maak.
AFDELING I. GEMEENTES
Saamgevoegde gemeentes
1.1 Wanneer twee of meer gemeentes, wat aan ten minste twee verskillende kerke in die die NG Kerkfamilie behoort, ʼn saamgevoegde gemeente wil vorm, moet elkeen van die gevolmagtigde kerkrade afsonderlik ʼn besluit te dien effekte neem. Hierdie besluite sowel as die verbandhoudende bepalings word in ʼn skriftelike ooreenkoms opgeneem.
1.2 ʼn Saamgevoegde gemeente kan ook ʼn wyk van ʼn gemeente van een van die kerke in die NG Kerkfamilie insluit. In daardie geval word die besluit waarna hierbo verwys is, geneem deur die kerkraad van die gemeente waarvan die wyk deel is. Die regte en verpligtinge – beide in hulle oorspronklike gemeente en in die saamgevoegde gemeente – van die lidmate van die genoemde gemeente, wat deel vorm van die saamgevoegde gemeente, word in die bogenoemde ooreenkoms opgeneem. Enige bepaling in hierdie Tussen-orde is dienooreenkomstig op hulle van toepassing. Sulke lidmate kan slegs verkiesbaar wees as ouderling of diaken in een van die gemeentes soos van toepassing in die ooreenkoms.
1.3 ʼn Besluit soos hierbo bedoel, vereis dat die approbasie van die lidmate van die gemeente, sowel as die goedkeuring van die ring of sy gevolmagtigde, verkry moet word volgends die reëlings van die betrokke kerkorde.
1.4 Die ooreenkoms sluit onder andere bepalings in oor:
1.5 Die ooreenkoms word vir óf ʼn beperkte óf ʼn onbeperkte tydperk aangegaan. Indien die ooreenkoms vir ʼn beperkte tydperk aangegaan word en nie een van die gemeentes betrokke beëindig dit by wyse van terminering nie, word dit stilswyend vir ʼn soortgelyke termyn verleng.
1.6 Die ooreenkoms eindig by terminering. Terminering tree slegs in werking een jaar na die besluit geneem is om te termineer, tensy die meerderheid van die lede van die saamgevoegde kerkraad, sowel as die meerderheid van die kerkraadslede van elkeen van die samestellende gemeentes, afsonderlik ooreenkom op ʼn korter termyn.
1.7 Die ooreenkoms kan na die tyd slegs verander word met die approbasie van die lidmate van die saamgevoegde gemeente. 1.8 In die amptelike benaming van die saamgevoegde gemeente moet die amptelike name van die samestellende gemeentes ingesluit word.
2.1 In elke saamgevoegde gemeente is daar ʼn saamgevoegde kerkraad saamgestel uit die leraars, ouderlinge en diakens – in soverre hulle lede is van die kerkraad – van die samevoegende gemeentes. Wanneer daar ten tyde van die samevoeging ander lede van ʼn kerkraad dien, voltooi hulle hulle kerkordelike termyn in die saamgevoegde kerkraad.
2.2 In die geval van vakatures verkies die saamgevoegde kerkraad nuwe ampsdraers. Die lidmate van die saamgevoegde gemeentes sal die geleentheid kry om persone vir verkiesing te nomineer. Slegs daardie lidmate van die gemeente wat kwalifiseer in terme van die kerkorde en bepalings van die gemeente waaraan hulle oorspronklik behoort het, is verkiesbaar.
2.3 Die approbasie van die verkiesing en die bevestiging van die verkose ouderlinge en/of diakens vind plaas volgens die bepalings en met die gebruikmaking van die formulier van enige van die kerke betrokke.
2.4 Die saamgevoegde kerkraad besluit oor die dienstermyn van sy ouderlinge en diakens, en oor die moontlikheid van herverkiesing. Die maksimum dienstermyn van ʼn ouderling of diaken, wat herverkiesing insluit, is vier jaar. ʼn Langer termyn is slegs moontlik met die toestemming van die bevoegde ring.
2.5 Die ooreenkoms bevat bepalings oor die prosedure vir die beroeping van predikante. Hierdie bepalings kan nie in konflik wees met die kerkorde en bepalings van enige van die samestellende kerke nie.
2.6 Die beroeping, approbasie en bevestiging van ʼn predikant vind plaas in ooreenstemming met die kerkorde en bepalings van die kerk waaraan die predikant behoort.
2.7 ʼn Konsulent vir ʼn saamgevoegde gemeente word deur die saamgevoegde ring aangewys of, indien die gemeente nie deel is van ʼn saamgevoegde ring nie, deur een van die gevolmagtigde ringe soos tussen hierdie ringe ooreengekom. Die konsulent is verkieslik nie ʼn predikant van dieselfde kerk waaraan die predikant van die saamgevoegde gemeente behoort nie.
3.1 Die lewe en werk van ʼn saamgevoegde gemeente is ten volle geïntegreerd, behalwe waar dit in die ooreenkoms uitgesluit is, waar dit nie moontlik is nie of waar die saamgevoegde kerkraad anders besluit. In sulke gevalle is die spesifieke kerkordebepalings van toepassing.
3.2 Die saamgevoegde kerkraad handel met die gesag en verantwoordelikheid van die kerkraad van elk van die gemeentes betrokke.
3.3 Die ooreenkoms kan impliseer, of die saamgevoegde kerkraad kan besluit, dat sake rakende kerklike tug en dissipline en sake wat regstreeks verband hou met die regspersoon van een van die gemeentes, deur die kerkraadslede van daardie betrokke gemeente hanteer word en wat – slegs in daardie geval of soos ooreengekom deur die saamgevoegde kerkraad – optree as die kerkraad van daardie gemeente in ooreenstemming met die kerkorde en bepalings van daardie kerk.
3.4 Indien dit ooreengekom word dat sake rakende kerklike tug en dissipline deur die (hele) saamgevoegde kerkraad hanteer sal word, sal hierdie kerkraad hou by die prosedurele voorskrifte van die kerk aan wie die lidmaat onder tug en dissipline behoort, insluitende die voorskrifte vir appèl. Geen dissiplinêre handeling kan geneem word sonder die goedkeuring van die meerderheid van die kerkraadslede van daardie betrokke kerk nie.
3.5 Die saamgevoegde kerkraad vergader ten minste vier keer per jaar.
3.6 Een van die leraars tree op as voorsitter van die vergadering. In die geval van ʼn vakature tree die konsulent/interimleraar op as voorsitter. ʼn Ouderling kan slegs met die goedkeuring van die gevolmagtigde ringe aangewys word as voorsitter van die saamgevoegde kerkraad.
4.1 Ten einde die Woord en/of sakramente te bedien, kan die kerkraad enige persoon uitnooi wat bevoeg is om dit in een van die kerke te doen wat deel is van die saamgevoegde gemeente, tensy anders ooreengekom. Geen persoon kan uitgenooi word wat nie bevoegdheid in enige van die kerke het nie.
4.2 Binne die moontlikhede wat die kerkordes en besluite van die gevolmagtigde kerke bied, besluit die kerkraad oor die liturgiese orde, liturgiese formuliere, liedboeke, Bybelvertalings en ander aspekte van aanbidding vir gebruik in die eredienste van die gemeente.
4.3 ʼn Gemeenskaplike beleid vir toelating tot die Nagmaal sal deel wees van die ooreenkoms waarop die saamgevoegde gemeente berus.
4.4 Sake aangaande die bediening van die predikante sal hanteer word volgens die kerkordebepalings van die kerk waaraan hy/sy behoort. Besluite in hierdie verband kan slegs geneem word met die toestemming van die meerderheid van die lede van die saamgevoegde kerkraad wat aan dieselfde kerk as die predikant behoort. Indien ʼn meerderheid nie verkry word nie, word die saak na die gevolmagtigde ring verwys vir besluitneming.
5.1 Die saamgevoegde gemeente behou die bestaande registrasie van lidmaatskap van die samestellende gemeentes. Die registrasie van lidmaatskap van die saamgevoegde gemeente sluit vir elke lidmaat ʼn verwysing in na die samestellende gemeente waaraan hy/sy behoort.
5.2 Nuwe lidmate van die saamgevoegde gemeente kies een van die samestellende gemeentes vir registrasie as lidmaat.
5.3 Gedoopte kinders word as lidmate van die samestellende gemeente van hulle moeder geregistreer, tensy beide ouers anders besluit.
AFDELING II. RINGE
Saamgevoegde ringe
1.1 Wanneer twee of meer ringe, wat aan ten minste twee verskillende kerke in die NG Kerkfamilie behoort, ʼn saamgevoegde ring wil vorm, moet elkeen van die gevolmagtigde ringe afsonderlik ʼn besluit te dien effekte neem. Hierdie besluite sowel as die verbandhoudende bepalings word in ʼn skriftelike ooreenkoms opgeneem.
1.2 Voordat ʼn besluit soos hierbo bedoel, geneem word, gee die ring al die gemeentes in sy gebied die geleentheid om hulle menings skriftelik te gee. So ʼn besluit vereis dat die toestemming van die (streek)sinode(s) of sy gevolmagtigde verkry word volgens die reëlings van die betrokke kerkorde.
1.3 Die ooreenkoms sluit onder andere bepalings in oor:
1.4 ʼn Saamgevoegde ring sluit al die gemeentes in wat deel is van die onderskeie afsonderlike ringe. Na konsultasie met die gevolmagtigde ringe kan die gevolmagtigde (streek)sinode(s) of sy gevolmagtigde ʼn gemeente toelaat om, op versoek, deel te word van ʼn ander ring.
1.5 Die ooreenkoms word óf vir ʼn beperkte óf vir ʼn onbeperkte tyd aangegaan. Indien die ooreenkoms vir ʼn beperkte tyd aangegaan word en nie een van die ringe betrokke beëindig dit by wyse van terminering nie, word dit stilswyend vir ʼn soortgelyke aantal jare verleng.
1.6 Die ooreenkoms eindig by terminering. Terminering tree slegs in werking een jaar na die besluit geneem is om te termineer, tensy die meerderheid van die lede van die saamgevoegde ring sowel as die meerderheid van sy lede van elk van die samestellende ringe afsonderlik, ooreenkom op ʼn korter termyn.
1.7 Die ooreenkoms kan na die tyd slegs verander word met die goedkeuring van die (streek)sinode(s).
1.8 In die amptelike benaming van die saamgevoegde ring moet die amptelike name van die samestellende ringe ingesluit word.
2.1 Die verantwoordelikhede van ʼn saamgevoegde ring sluit al die verantwoordelikhede en opdragte in wat ʼn ring het volgens die kerkordes en bepalings van die samestellende kerke. Waar van toepassing handel die saamgevoegde ring – in die uitvoering van sy verantwoordelikhede en opdragte met betrekking tot gemeentes en ampsdraers – volgens die reëlings soos neergelê in die kerkorde en bepalings van die kerk waartoe die gemeente of ampsdraer behoort.
2.2 Die lewe en werk van ʼn saamgestelde ring is ten volle geïntegreerd, behalwe waar dit in die ooreenkoms uitgesluit is, waar dit nie moontlik is nie of waar die saamgevoegde ring anders besluit. In sulke gevalle is die spesifieke kerkordebepalings van toepassing.
2.3 Die saamgevoegde ring handel met die gesag en verantwoordelikheid van elk van die ringe betrokke.
2.4 Indien ʼn saamgevoegde ring deel is van twee (streek)sinodes wat nog nie self ʼn saamgevoegde (streek)sinode gevorm het nie, stuur die ring afgevaardigdes na beide (streek)sinodes. Dié afgevaardigdes het slegs stemreg in die (streek)sinode indien hulle lidmate is van die spesifieke kerk waarvan die (streek)sinode deel is. Afgevaardigdes wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, het slegs ʼn adviserende rol of tree op as waarnemers in ooreenstemming met die reëlings van daardie spesifieke (streek)sinode.
2.5 Die ooreenkoms kan impliseer, of die saamgevoegde ring kan besluit, dat sake rakende kerklike tug en dissipline, appèlle en sake wat direk verband hou met die regspersoon van een van die gemeentes of ringe – insluitende eiendomsaangeleenthede – hanteer sal word deur lede van die ring van daardie betrokke kerk. Slegs in dié geval, of soos besluit deur die saamgevoegde ring, kan laasgenoemde optree as die ring van daardie betrokke kerk en in ooreenstemming met die kerkorde en bepalings van daardie kerk.
2.6 Indien dit ooreengekom word dat sake rakende kerklike tug en dissipline deur die (hele) saamgevoegde ring hanteer word, sal hierdie ring hou by die prosedurele reëlings – insluitende die voorskrifte vir appèl – soos weergegee in die kerkorde van die kerk aan wie die ampsdraer onder tug en dissipline behoort. Geen dissiplinêre optrede kan plaasvind sonder die goedkeuring van die meerderheid van die lede van die ring van daardie betrokke kerk nie.
2.7 Indien dit ooreengekom word dat appèlle en sake wat direk verband hou met die regspersoon van een van die gemeentes of ringe – insluitende eiendomsaangeleenthede – hanteer word deur die (hele) saamgevoegde ring, moet hierdie ring hou by die prosedurele reëlings soos vervat in die kerkorde van die betrokke kerk.
2.8 Die saamgevoegde ring vergader ten minste eenkeer in twee jaar.
2.9 Indien ʼn saamgevoegde ring deel is van twee (streek)sinodes wat nog nie self besluit het om nou saam te werk of om ʼn saamgevoegde (streek)sinode te vorm nie – soos hieronder uitgespel – moet appèlle teen besluite van daardie ring by beide die (streek)sinodes aanhangig gemaak word en hierdie sinodes of hulle gevolmagtigdes besluit saam daaroor.
AFDELING III. (STREEK)SINODES
1.1 In die lig van die eenwording van die kerke van die NG Kerkfamilie, en met inagneming van die huidige wetlike status en bevoegdhede van die (streek)sinodes van hierdie kerke, word hierdie sinodes uitgedaag om na die beste van hulle vermoë saam te werk.
1.2 Wanneer twee of meer (streek)sinodes wat aan ten minste twee verskillende kerke in die NG Kerkfamilie behoort, intensief wil saamwerk, moet elkeen van die bevoegde (streek)sinodes ʼn besluit te dien effekte neem. Hierdie besluite sowel as die verbandhoudende bepalings word opgeneem in ʼn skriftelike ooreenkoms.
1.3 Indien twee (streek)sinodes wat aan twee verskillende kerke in die NG Kerkfamilie behoort dieselfde geografiese grense deel, kan hulle besluit om ʼn saamgevoegde (streek)sinode te vorm. In die geval neem elkeen van die bevoegde (streek)sinodes afsonderlik ʼn besluit te dien effekte. Hierdie besluite sowel as die verbandhoudende bepalings word opgeneem in ʼn skriftelike ooreenkoms.
1.4 Voordat ʼn besluit soos hierbo bedoel (paragraaf 1.2 and 1.3) geneem word, gee die (streek)sinode al die gemeentes en ringe in sy gebied die geleentheid om hulle menings skriftelik te gee. So ʼn besluit vereis dat die goedkeuring van die algemene sinode(s) of sy gevolmagtigde volgens die reëlings van die tersaaklike kerkorde verkry word.
1.5 Die ooreenkoms sluit onder andere bepalings in oor:
1.6 Samewerkende (streek)sinodes sowel as saamgevoegde (streek)sinodes sluit alle ringe in wat deel is van die onderskeie afsonderlike (streek)sinodes.
1.7 Die bevoegde (streek)sinode(s) of sy gevolmagtigde kan ʼn (saamgevoegde) gemeente of ʼn (saamgevoegde) ring toelaat, op versoek, om deel van ʼn ander (streek)sinode te word indien ten minste ʼn tweederde meerderheid van die kerkrade van die gemeentes in daardie (saamgevoegde) ring hulle toestemming gee.
1.8 Die ooreenkoms word óf vir ʼn beperkte óf vir ʼn onbeperkte tyd gemaak. Indien die ooreenkoms vir ʼn beperkte tyd gemaak is en nie een van die samewerkende (streek)sinodes of saamgevoegde (streek)sinodes betrokke dit getermineer het nie, word dit stilswyend vir ʼn soortgelyke aantal jare verleng.
1.9 Die ooreenkoms eindig by terminering. Terminering tree slegs in werking een jaar na die besluit geneem is om te termineer, tensy die meerderheid van die lede van elkeen van die samewerkende (streek)sinodes of saamgevoegde (streek)sinodes op ʼn korter termyn ooreenkom.
1.10 Die ooreenkoms kan slegs na die tyd verander word met die goedkeuring van die bevoegde algemene sinodes.
1.11 Die samewerkende (streek)sinodes of saamgevoegde (streek)sinode spesifiseer in die bogenoemde ooreenkoms watter van die verantwoordelikhede en opdragte wat hulle het, volgens die kerkordes en bepalings van die onderskeie kerke, saam uitgevoer gaan word.
1.12 Appèlle teen die (geratifiseerde) besluite van samewerkende (streek)sinodes of saamgevoegde (streek)sinodes sal by beide algemene sinodes ingedien word en hierdie sinodes of hulle gevolmagtigdes sal saam daaroor besluit.
III/1 SAMEWERKENDE (STREEK)SINODES
1.1 Samewerkende (streek)sinodes vergader so dikwels as wat vereis word gesamentlik vanuit die perspektief van die verantwoordelikhede en opdragte wat hulle gesamentlik uitvoer.
1.2 Besluite wat in ʼn gesamentlike vergadering van samewerkende (streek)sinodes geneem word, is slegs van krag indien dit na die tyd in afsonderlike vergaderings van al die bevoegde (streek)sinodes geratifiseer word.
1.3 Die moderatuur/dagbestuur en/of die moderamen/sinodale kommissie van die samewerkende (streek)sinodes vergader gesamentlik. Hulle hanteer slegs ʼn afsonderlike agenda indien dit noodsaaklik is vir redes tov wetlike verantwoordelikhede.
1.4 Die kommissies van die samewerkende (streek)sinodes vergader gesamentlik. Hulle hanteer slegs ʼn afsonderlike agenda indien dit noodsaaklik is vir redes tov wetlike verantwoordelikhede.
1.5 Die gesamentlike vergadering van moderature/dagbesture berei die gesamentlike vergadering van die samewerkende (streek)sinodes voor. Die moderature/dagbesture neem saam verantwoordelikheid vir die implementering van besluite soos geneem in ʼn gesamentlike vergadering van samewerkende (streek)sinodes.
1.6 Indien dit ooreengekom word dat appèlle en sake wat in direkte verband staan met die regspersoonlikheid van een van die gemeentes of ringe – insluitende eiendomskwessies – hanteer word in ʼn gesamentlike vergadering van die samewerkende (streek)sinodes, sal hierdie gesamentlike vergadering hou by die prosedurele reëlings soos uiteengesit in die kerkorde van die betrokke kerk.
III/2 SAAMGEVOEGDE (STREEK)SINODES
1.1 In die amptelike benaming van die saamgevoegde (streek)sinode moet die amptelike name van die samestellende (streek)sinodes ingesluit word.
1.2 Die verantwoordelikhede en opdragte van ʼn saamgevoegde (streek)sinode sluit alle verantwoordelikhede en opdragte in wat ʼn (streek)sinode volgens die kerkordes en bepalinge van die samestellende kerke het. Waar van toepassing handel die saamgevoegde (streek)sinode – in die uitvoering van sy verantwoordelikhede en opdragte met betrekking tot gemeentes en ringe – volgens die reëlings soos vervat in die kerkorde en bepalings van die kerk waaraan die gemeente of ring behoort.
1.3 Die lewe en werk van ʼn saamgevoegde (streek)sinode is ten volle geïntegreerd behalwe waar dit in die ooreenkoms uitgesluit word, waar dit nie moontlik is nie of waar die saamgevoegde (streek)sinode anders besluit. In sulke gevalle geld die spesifieke kerkordebepalings.
1.4 Die saamgevoegde (streek)sinode handel met die gesag en aanspreeklikheid van elkeen van die ringe betrokke.
1.5 Die saamgevoegde (streek)sinode kies sy moderatuur/dagbestuur en sy moderamen/sinodale kommissie volgens die bepalings soos vervat in die bogenoemde ooreenkoms. Dit het saamgevoegde kommissies en wys die lede van sulke kommissies aan.
1.6 Die saamgevoegde (streek)sinode stuur afgevaardigdes na beide bevoegde algemene sinodes. Sulke afgevaardigdes het slegs stemreg in die algemene sinode indien hulle lidmate van daardie betrokke kerk is. Afgevaardigdes wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, het slegs ʼn adviserende rol of tree op as waarnemer in ooreenstemming met die reëlings van daardie spesifieke algemene sinode.
1.7 Die ooreenkoms kan impliseer, of die saamgevoegde (streek)sinode kan besluit, dat sake rakende kerklike tug en dissipline, appèlle en sake wat direk verband hou met die regspersoon van een van die gemeentes of ringe – insluitend eiendomsaangeleenthede – hanteer sal word deur lede van die saamgevoegde (streek)sinode van daardie betrokke kerk. Slegs in die geval, of soos besluit deur die saamgevoegde (streek)sinode, kan laasgenoemde optree as die (streek)sinode van daardie betrokke kerk en in ooreenstemming met die kerkorde en bepalings van daardie kerk.
1.8 Indien dit ooreengekom word dat sake rakende kerklike tug en dissipline deur die (hele) saamgevoegde (streek)sinode of sy gevolmagtigde hanteer word, sal hierdie saamgevoegde (streek)sinode hou by die prosedurele reëlings – insluitende die voorskrifte vir appèl – soos weergegee in die kerkorde van die kerk aan wie die ampsdraer onder tug en dissipline behoort. Geen dissiplinêre optrede kan plaasvind sonder die goedkeuring van die meerderheid van die lede van die saamgevoegde (streek)sinode of sy gevolmagtigde wat aan daardie betrokke kerk behoort nie.
1.9 Indien dit ooreengekom word dat appèlle en sake wat direk verband hou met die regspersoon van een van die gemeentes of ringe – insluitende eiendomsaangeleenthede – hanteer word deur die (hele) saamgevoegde (streek)sinode of sy gevolmagtigde, moet hierdie (streek)sinode hou by die prosedurele reëlings soos vervat in die kerkorde van die betrokke kerk.
1.10 Die saamgevoegde (streek)sinode vergader ten minste eenkeer in vier jaar.
2.1 Indien al die (streek)sinodes van twee of meer kerke van die NG Kerkfamilie binne die grense van ʼn provinsie van die Republiek van Suid-Afrika of in ʼn naburige staat ooreenkom, kan hulle in ʼn provinsiale konventus byeenkom ten einde te getuig van die voortgaande eenwording van die kerke in die politieke en sosiale konteks van daardie besondere provinsie/land, dit te vier en uit te bou, en ons gemeenskaplike diens en getuienis te bevorder.
2.2 Die konventus kies sy eie leierskap.
AFDELING IV. ALGEMENE SINODES
AFDELING V. SAAMGEVOEGDE BEDIENINGE
AFDELING VI. BESONDERE BEPALINGS
[1] Vergelyk Artikel 71 en Handelinge AS 2015, Dag 5, pt 19: Die Algemene Sinode keur die Tussen-orde goed mdo op die kerkherenigingsreis van die kerke van die NG Kerkfamilie.